Spring na die inhoud

Hoe dit werk

Eenvoudig, veilig en teen jou eie tempo.

Wat ek aanbied

Gratis kennismakingsgesprek

Ongeveer 15 minute, per oproep

Onseker of hierdie die regte plek vir jou is? Begin hier. Stuur vir my ’n WhatsApp en ons reël ’n kort gesprek, per stemoproep of video, net soos jy verkies. So kry jy ’n gevoel vir my voordat jy besluit.

Een sessie

60 min, R500

'n Privaat aanlyn sessie in Afrikaans. 'n Ruimte om jou storie op jou tyd te deel.

Bundels

Spaar tot 15%

Verkies jy om ’n ent saam te stap?

  • 5 sessies @ R2 250 (spaar 10%)
  • 10 sessies @ R4 250 (spaar 15%)

Hoe sessies werk

Aanlyn op Google Meet

Ons ontmoet aanlyn op Google Meet, ’n veilige videoplatform. Al wat jy nodig het, is ’n stil hoekie en internet.

Hoe om te begin

As jy nog onseker is, stuur vir my ’n WhatsApp en ons reël die gratis gesprek per oproep. As jy gereed is vir ’n sessie, kies ’n tyd op die kalender.

Wat om te verwag

’n Veilige ruimte waar jy en jou storie ingenooi word. Ons begin waar jy is.

Betaling

Betaling is privaat. Geen mediese fondse nie.

Gereed om te begin?

Reël eers ’n gratis gesprek op WhatsApp, of kies ’n tyd vir ’n sessie.